As jy nog nie met die Tuindwergies bladgeskud het nie, is 13 Julie vanjaar jou gróót kans! PE se eie Akkoord, in samewerking met BayFM 107.9, bied aan die Dwergies LIVE by die Boardwalk – energiek, sonder fênsie draadwerk en op ‘n heeltemal ander noot. Die Kort Dwerg, voorsanger op akoestiese kitaar (Peter de Jager), Die De Dwerg op die dromme (Jean Swiegers), Die Berg Dwerg met die basklanke (Dawie de Jager) en Die Lang Dwerg, liriekskrywer en kitaarman (Emile Swiegers) is geken vir “Tuisgekweek” waarop “Sy sê” en “Kopskudkinders” top in die SA top 30 treffers op Tuks FM was in 2009/10, met “Kopskudkinders” wat hulle hul eerste MK-toekenning losgeslaan het! Die Tuindwergies het in Augustus 2010 hul debuutalbum uitgebring wat ‘n kombinasie van Country, Rock, Funk en Pop is – soos net die Dwergies dit kan doen. Hul liedjies is ook gereeld op MK en KykNet te sien, en selfs die gewilde 7de Laan wil deur hul klanke bedwelm word... So kry jou kaartjie betyds deur Hellen by Westway kafee te skakel op 041-365 0217/082 487 3118 en kom kuier saam met Akkoord by die Boardwalk Vodacom Amphiteater om Die Tuindwergies in aksie te sien. Alle kaartjies kos R50. Tyd: 19:30 vir 20:00. Moet dit nie misloop nie!