Anibrandfees
Vir die eerste keer gaan ’n fees-vir-die-gees deel van Anibrand wees wanneer gospelsangers op Sondag, 28 Februarie optree. Jukebox-piekniek van kykNET bied aan: die Christadelphians; 4Faith; Joe Niemand; Pieter Koen, Leah; Jennifer Zamudio en Bobby van Jaarsveld.
Die gewilde uitstalling van kuns en crafts sal weer by Barklystraat Teater aangebied word. Kom geniet die kunste in ‘n rustige omgewing en kuier by die Koffietuin. Tye: Donderdag, 25/02 van 17:00 tot 20:00; Vrydag 26/02 van 14:00 tot 18:00 en Saterdag, 27/02 van 10:00 tot 18:00
Die Brandwag Hoërskool is steeds die feesterrein en nuwe uitstallers sluit in jetski’s; 4x4 toerusting. Groot opwinding word verwag by die boerboel vertoning (09:30 by die pretpark) ; Anibrand Talentkompetisie, (09:30 op die hoofverhoog). Inskrywings gratis, kliek hier om die inskrywingsvorms af te laai. en die SAP Hondevertoning (12:00 by die hoofverhoog) wat op Saterdag 27/02 sal plaasvind.
Kinders word opgepas in ‘n veilige area waar Popsi en vriende hulle sal vermaak. Ouers kan met geruste hart die fees geniet terwyl kinders heerlik speel. Popsi sal Saterdag en Sondag op die tennisbane wees by die Kunsmark.
Alle navrae t.o.v die fees moet asseblief gerig word aan Anibrand se komitee deur die feeskantoor selfoonnommer (074 867 5050) te skakel of epos adresse soos op webtuiste. Anibrand is ‘n Fees met Gees – moet dit nie mis nie.
KAARTJIES is te koop by: Westway Cafè in Port Elizabeth - 041 365 0217 of 082 487 3118 aanlyn kaartjies by www.westway.co.za en Barklystraat Teater in Uitenhage - 041 922 0575
STALLS - Application can be made by contacting Wilma on 072 963 2206.
Contact Details
Contact Person: | Anibrandfees Office |
Cellphone: | +27 (0)74 867 5050 |
Website: | http://www.anibrandfees.co.za/ |
Email: | admin@anibrandfees.co.za |
Where
Venue: | Brandwag Hoerskool |
Event Address: | Mosel, Uitenhage |