Plek van die Hoofskedel
Die Paasproduksie ‘Plek van die Hoofskedel’ word van 16-18 April deur Obed in die Impetus teater in Circular rylaan opgevoer. ‘Plek van die Hoofskedel’ speel af teen die agtergrond van Jesus se bediening op aarde en eindig met die opstanding van Christus. Die teks is deur Danie Matthee geskryf wat ook die regie behartig met Lynne Gouws as musiekregisseur en die bekende Natascha Tait wat vir die choreografie sorg. Die cast bestaan uit meer as tien talentvolle akteurs, sangers en dansers.
Kaartjies vir ‘ Plek van die Hoofskedel’ kos R80 vir volwassenes en R50 vir kinders en kan by Westway Tickets bespreek word. Gaan na www.westway.co.za of kontak Helen by 062 597 5657. Vertonings begin saans om 7uur. ‘Plek van die Hoofskedel’ is beslis ‘n vertoning wat jy nie hierdie paastyd moet misloop nie. Vir meer inligting, fotos en videos besoek ons Facebook blad.
Opening Times
18:30
Costs
R80 adults; R50 children under 12
Contact Details
Contact Person: | Danie Matthee |
Telephone: | 0845 141260 |
Cellphone: | 082 876 9015 |
Website: | www.obed.co.za |
Email: | danie@obed.co.za |
https://www.facebook.com/Obed-252141138205309/ | |
Bookings | www.westway.co.za |
Where
Venue: | Impetus church auditorium |
Event Address: | 29 Circular Drive, Port Elizabeth |