Wat die Hart van Vol is 2 - 'n kabaret
31 May 2012 - 02 June 2012
![Wat die Hart van Vol is 2 - 'n kabaret](/uploads/1/image/wat_die_hart_van_vol_is_2__n_kabaret.jpg)
Wat die Hart van vol is 2 bring weer ‘n vars kykie op hoe die liefde die wêreld laat draai wanneer dié kabaret van 31 Mei tot 2 Junie vanjaar by die PEMADS Little Theatre in Sentraal op die planke gebring word.
Onder die regie van Riaan Hanekom en Marelize Booyens, sing, vertel én dans Wat die hart van vol is 2 oud en jonk na ‘n tyd en plek waar die liefde lê. Of mense nou pasgetroud is, besig is om saam oud te word, of bloot die opwinding van ‘n nuwe liefde vir iemand koester, dié kabaret is vir jóú geskryf.
Hanekom, wat ook verantwoordelik was vir die eerste Wat die Hart van vol is, het gesê wanneer dit by die liefde kom kan mens nooit uitgepraat raak nie. “Omdat daar so baie mooi musiek oor die liefde in Afrikaans is, was dit ‘n uitdaging om te besluit watter liedjies eindelik bestaansreg in die kabaret moes kry”. Volgens hom is die aanslag van die stuk lekker gemaklik en sal oud en jonk dit kan geniet.
Lilian Zeelie een van Port Elizabeth se top plaaslike musikante (klavier), Andrew Warneke (baskitaar), Devon van Rooyen (tromme), Wayne Simpson (akoestiese kitaar) en Stephen Hurter (elektriese kitaar) sal kykers betower met musiek van immergroen-kunstenaars soos André Swiegers, Riana Nel en Jak de Priester. Die sangtalent van Alida Senekal, Jolandi van der Westhuizen, Michael de Lange, Kyle du Preez en Riaan Hanekom sal dié musiek-extravaganza verder lewe gee. Roché Merrick en Lerato Mangoejane sal ook die gehoor met hulle danspassies betower.
Die teks van Wat die hart van vol is 2 spog met Baaise digkuns en dialoog uit die penne van Alvené Appollis en Anna Pauw. Pauw se debuutbundel, Kasgedigte vir Vleesbaai, sal vir die eerste keer by dié vertonings te koop wees. Pauw het gesê, aangesien daar van haar gedigte – wat sy as terloopse gedagtes bestempel – in die dialoog gebruik word, skep dit die ideale geleentheid vir mense om die bundel te koop voor dit later vanjaar amptelik geloods word.
Kaartjies kos R70 en is by die Westway-kafee beskikbaar. Kontak Hellen 041-365 0217 om te bespreek of skakel Riaan Hanekom by 084 513 0939 vir meer inligting.
Contact Details
Contact Person: | Hellen Scriven |
Telephone: | 041 365 0217 |
Website: | http://www.facebook.com/#!/events/314176488645341/ |
Email: | riaanhanekom@hotmail.com |
Where
Venue: | PEMADS Little Theatre |
Event Address: | Belmont Terrace, Sentraal |